Meer oor ons

Stout Seun

Stout Seun het nie begin in ’n groot kantoor met ingewikkelde planne nie.

Dit het begin soos meeste goeie dinge in Suid-Afrika begin…
by ’n braai, met ’n keelbederfie, goeie vriende en baie lag.


Wie en wat is ’n Stout Seun?

’n Stout Seun:

  • het respek
  • het selfvertroue
  • sê wat hy dink
  • en leef die lewe stout en voluit

Hy is nie 'n boks nie, maar ook nie 'n pruim nie.

Hy staan uit — sonder om te probeer.

Eerlik. Selfversekerd. Reguit & Stout.


Wat ons doen?

Stout Seun is nie net 'n handelsmerk nie, dis 'n leefstyl.

Elke produk is gemaak om:
gemaklik, stylvol en stout te wees
met stoute karaktereiesnkappe om jou te laat uitstaan, sonder om te probeer.


Mooi Meisie

Want kom ons wees eerlik…

Elke Stout Seun lyk beter saam ’n Mooi Meisie.

Sy:

  • het styl
  • het selfvertroue
  • en is gemaklik in wie sy is

Sy volg nie die skare nie —
sy lei dit.

Hier gaan dit nie oor perfek wees nie.

Dit gaan oor:
jouself wees

die lewe geniet

en mooi stout lyk terwyl jy dit doen.

Dra dit stout/Dra dit mooi